Baie dankie vir die baie lekker toer wat ek saam met julle kon geniet het.  Alles op die program was lekker en mooi en het sommer vlot verloop en het ook die treinritte geniet.  Vir my was die hoogtepunt egter die Li-rivier en sy berge.  Moes myself ook knyp om te glo Lia en ek sit op die straatbankie en mense bekyk in Beijing die laaste aand.

China is verseker ‘n eye-opener gewees en ek sal altyd die groen bome, plantegroei en rose onthou.

 

Nelly – China 2019 toer